Journalling for stress management

Hi Everybody

In a time where adults and children alike are under extreme pressure to perform and achieve, it is important to find positive ways of managing and relieving stress. In my practice I teach my clients (young and older) certain techniques to reduce stress.

It is important to reduce stress as it can become a nasty invader if not managed well. True, stress is part of daily life, and we will never be totally without it. When stress levels spike too high, it often leads to frustration, acting out behaviour, anxiety, depression and physical illness such as headaches, stomach problems, skin rashes, etc. 

I explain to my clients that as long as they keep things bottled up, it goes round-and-round in their heads and it sometimes feels as if it’s just a matter of time before a big explosion will occur. Problems can also occupy the mind to such an extent that there is not much ‘space’ left for important things such as learning, remembering or just plain everyday functioning. 

Basic things such as a healthy diet with lots of veggies and fruit, daily vitamins to supplement dietary deficiencies, regular exercise and enough sleep, remain important aspects of managing stress well. It can be very helpful to externalise a problem, in other words, bring it to the open. Put it on the table so to speak. This will allow you to see a problem or decision for what it really is. It’s almost like making it more concrete and strangely enough, most of the time it is almost as if things becomes more manageable and something that can be dealt with. 

One way of ‘externalising’ issues is journalling. People often think that they need to be a fabulous writer, using lovely figures of speech, great and impressive words, with perfect spelling and beautiful handwriting. Well, that it is totally not true. Journalling is really for everybody and there is no right or wrong way of doing. It is individual and personal. The idea is to put feelings, events, behaviour, worries and ideas on paper instead of carrying it around with you. The only prerequisites are honesty and that the ideas and words are truly yours. 

Journalling helps to put things in perspective; such as changes you are going through or when making a decision- helping to see which solution will be the most appropriate. It will be an eye opener to go back and read your journal to identify patterns of behaviour. Sometimes it is just a place where you can ’dump’ the events of the day so that it does not bottle up and manifest in inappropriate acting out behaviour, aggression, frustration or even depression. In a way, a journal can become a means of support and a reminder of what the person has learnt about herself. 

It is amazing to see how much you can learn about yourself by journalling. My one client was very surprised to notice over a period of time, that she made the same mistake over and over. She was unaware of that and when she went back to read some of the older entries, it was a revelation for her. She was then ready for the much needed changes she was resisting previously. 
For children and adolescents, it brings a sense of control; that they are able to say what they want to say without being judged. It is important that parents respect the boundaries and allow the child confidentiality without snooping around and secretly reading their child’s diary. Everybody have a right to privacy- even children and adolescents!

I encourage my clients to also write about gratitude and at least one positive idea or compliment to themselves every day. This helps to keep us grounded and balanced. I have recently shopped around for a journal for a young client. I was amazed at the variety of books available for journalling. It does not need to be very fancy. For this specific client I bought an inexpensive hard covered book with funky colours. I spruced it up with ribbon and voila, a lovely book that she can use for journalling. There are also amazing creative projects on the internet where you can learn to make your own journal- even with lock and key! This can become a project for mom and/or dad to help the kids to all personalise a journal and start writing (without interfering with each other remember!). How about starting to manage your stress through journalling right away?!

For those of you who still want to know more or need some prompts to start, here are some links- there a many more!

  1. 119 Journal Prompts for Your Journal Jar: http://daringtolivefully.com/journal-prompts
  2. 30 Journaling Prompts for Self-Reflection and Self-Discovery: http://psychcentral.com/blog/archives/2014/09/27/30-journaling-prompts-for-self-reflection-and-self-discovery/
  3. These Journal Writing Prompts Will Encourage Kids to Develop Their Composition Skills: http://www.dailyteachingtools.com/journal-writing-prompts.html 
  4. Recommended Books related to Journal Writing: http://www.lifejournal.com/journal-writing-books/

Don’t hesitate to contact me. I look forward to hearing from you!

Warm regards



Comments - Kommentaar

I would love some comments and questions from you. Feel free to ask questions. Can't wait to hear from you!

Voel asseblief vry om 'n opmerking te maak of vrae te vra. Dit sal lekker wees om van jou te hoor!

Sarie Artikel - As skool 'n kwessie raak

In die Februarie 2015 uitgawe van Sarie, het die artikel, "As skool 'n kwessie raak" deur Delia Du Toit verskyn. Delia het my onder andere genader vir inligting vir haar artikel en die volgende in haar artikel gebruik:

Vraag: My kind is angstig en wil nie skool toe gaan nie. Wat kan ek doen om haar te motiveer om skool te geniet?

"Geen kind is elke dag lus vir skool nie, maar as dit gereeld gebeur, is daar rede tot kommer, se Christelle du Plessis, 'n opvoedkundige sielkundige van Johannesburg. As angstigheid die oorsaak is, kom dit dikwels by 5 - 6 jariges en 10 - 11 jariges voor, of in 'n oorgangsfase soos die skuif van laer- na hoerskool. Kyk uit vir skeidingsangs (jou kind klou aan jou), sosiale onttrekking, vloermoere en psigosomatiese simptome soos maagpyn, hoofpyn, en naarheid wat verdwyn as die kind tuis mag bly.

Gesels met jou dogter om uit te vind wat pla. Daar kan verskeie oorsake van laegraad angs wees soos leerprobleme, boelies, ongeorganiseerdheid, veranderinge tuis en sosiale probleme, volgens Christelle. 'n Kind kan sukkel om te verduidelik hoe angs voel. Vra dus konkrete en leidende vrae soos "Is jy bang om skool toe te gaan?", of "Is daar maatjies by die skool wat naar is met ander kinders by die skool?"

As die probleme nie aandag kry nie, kan dit lei tot 'n angsversteuring. Sommige kinders is ook geneties meer angstig. Daar sal simptome soos sweterige handjies, bednatmaak, onttrekking, paniekerigheid, huilerigheid, benoudheid in die bors, lighoofdigheid, 'n knop in die keel, slaapprobleme, irritasie en depressie of woede voorkom. 'n Sielkundige se hulp is dan beslis nodig".

 Vraag: My kind het altyd goed (genoeg) gedoen, maar sy punte gaan skielik agteruit. Moet ek bekommerd wees?

"Dit is altyd 'n bron van kommer wanneer 'n kind se punte skielik agteruitgaan, maar die redes kan skolasties of meer onheilspellend wees.

As jou seun agter is met werk, moet nooit die werk vir hom doen nie. Skep slegs die ruimte tyd en leiding sodat jou kind dit self kan doen en help hom met studiemetodes as hy lui is om te leer, se Christelle.

Dit kan ook gebeur dat hy gedemotiveerd raak as jy onrealistiese eise aan hom stel, se Christelle. Vra vir hom of hy sy bes gedoen het, en as hy het, moet jy oordra dat dit goed genoeg is- selfs al kry hy 40%. Vind die aktiwiteite waarin hy uitblink sodat hy sukses kan beleef en 'n gesonde selfbeeld kan bou.

'n Toekomsvisie help ook veral ouer kinders om gemotiveerd te bly, en 'n beroepsassessering kan dus van waarde wees. Tieners raak ook meer sosiaal en moet geleer word hoe om hul tydsbesteding te balanseer, se Christelle.

Daar kan ook emosionele oorsake by die skool wees, se Christelle. Kyk uit vir stukkende klere of besittings, blou kolle, tranerigheid, nagmerries, selfbeeld probleme of eetlus veranderinge. Dit alles kan op boelies en ander sosiale en emosionele probleme dui.

Jou kind sal dalk niks wil se nie, vra dus dinge soos: 'Met wie speel jy by die skool en wat speel julle?', of 'Is daar kinders by die skool wat geboelie word?' Laat hom verstaan dat jy daar is om te luister en te help indien nodig".

Dealing with Bullies

I was fortunate enough to have made a contribution in an article in True Love magazine (January 2015). In the article, "Get them ready to succeed", Ziphezinhle Msimango incorporated some of my comments in her article:

Dealing with Bullies

"The most important way to bully-proof your child is to build up her self-esteem. Educational Psychologist Christelle du Plessis from the Baby and Child Wellness Centre says, "This will not only assist your child in dealing with bullies, but will prevent her from becoming one. If your child has a healthy self-esteem, she will carry herself with confidence, which will deter bullies as they pick on younger and weaker kids. It is very helpful to play games with your child where you can act out a scenario in which you are being bullied. By playing it out and discussing it, your child will become empowered to deal with situations that will otherwise be unfamiliar to her," she adds. 

Other ways to to build self-esteem include encouraging your little one to take part in group sports like soccer or tennis and leisure activities like joining a local club. This will benefit her physically, emotionally and mentally. 

If playing soccer is not for your child, consider something like Monkeynastix or take your little introvert for speech and drama lessons. For the music lover, take her for some dancing lessons- modern dancing or hip-hop lessons will help develop her self-esteem. 

Sometimes children, especially older ones, may not be willingly share that they are being bullied at school. It is important that you are able to spot signs early. If your child comes home with inexplicable bruises and scratches, talks about hating school or even worse, refuses to go to school, there may be a bullying situation that you need to investigate. Talk to your child to see if she can give you information or speak to her teacher about your concerns". 

Help! My kind onderpresteer!

Ek het die afgelope tyd verskeie baie bekommerde ouers in my kantoor gehad omdat hulle kinders se prestasie nie na verwagting is nie. Hulle weet hul kind is intelligent, maar dit kind se toets en eksamen punte reflekteer dit nie. Dis veral vir ouers ontstellend wanneer die skool hulle inroep  en die klasonderwyser(s) volhou dat iets gedoen  moet word. Ouers se angsvlakke styg deur die dak. Wat nou gemaak? Hoe hanteer jy dit? Is dit dan nie vir die skool om te weet wat om te doen nie?

Dis hier waar jy moet kalm bly, want die eerste ding wat meeste ouers dink is dat die kind lui is. Gevolglik word die kind op die spreekwoordelike “rooi tapyt” geplaas, en moet die kind verduidelik waarom sy/haar punte so swak is. Die probleem word gesoek by die televisie, playstasion en rekenaarspeletjies, selfoongesprekke, ongewenste maats- om maar ‘n paar te noem. Jou kind voel in ‘n hoek gedryf en baklei verbete terug, of kruip net nog meer in haar dop. Dis nag in jou huis….. Dikwels is ouers kwaad vir die skool. Doen die onderwysers dan nie hul werk nie? Klink dit bekend?

Deur met jou kind te baklei of om die onderwysers aan te val, gaan sake net vererger. Dis belangrik om die oorsaak van die probleem te vind. In 98% van die gevalle, weet jou kind self ook nie wat die probleem is nie, of waar dinge verkeerd geloop het nie. Die oomblik wat jou kind se onderwyser ‘n bekommernis uitspreek, of dat jy bekommerd is oor jou kind se vordering, is dit belangrik om hulp te soek. Jy sien, hoe gouer ‘n probleem onderskep word en die oorsaak gevind kan word, hoe gouer kan die probleem aangespreek word. Wanneer kinders ‘n probleem ervaar met hulle skoolwerk, is daar altyd ‘n rede.

Ek het onlangs ‘n ouer in my kantoor gehad met ‘n kind wat swak presteer het en die jaar moet herhaal. Die ouer het gewonder of die kind nie net lui is nie. Sy het ook vertel dat haar kind die afgelope aantal jare verskeie onderwysers gehad het wat gekom en gaan het. Dis min dat kinders, veral laerskool kinders net lui is. Dis gewoonlik meer van ‘n gebrek aan motivering omdat hulle sukkel met die skoolwerk. Kind wonder dikwels waarom sal hy probeer as hy dink hy gaan in elk geval misluk?

Meeste van die tyd is daar ‘n goeie en geldige rede vir akademiese prestasie wat agteruit gaan, veral as dit ‘n skielike agteruitgang is. Hier is ‘n lys van moontlike oorsake:
  • Die volume van die werk het so toegeneem dat die kind nie kan byhou nie
  • Die kind het ‘n stadige werkspoed in die klas en raak verlore
  • Die kind se konsentrasie fluktueer
  • Jou kind is angstig in die klas en bang om vir hulp te vra
  • Daar is ‘n leerprobleem waarvan julle nie weet nie
  • Jou kind word geboelie by die skool en hy weet nie hoe om dit te hanteer nie
  • Groepsdruk: hoe balanseer jou kind sy lewe
  • Jou kind weet nie hoe om te studeer nie
  • Jou kind ervaar eksamenangs
  • Jou kind het nie ‘n toekomsvisie nie en is angstig oor die toekoms
  • Daar is verhoudingsprobleme binne of buite die gesin
  • Jou kind voel depressief
  • Daar was ‘n verlies in die familie- ‘n familielid, vriend geliefde troeteldier het gesterf
  • Die kind is deurmekaar met ongure vriende of dwelms
  • Jou kind weet nie hoe om sy nuwe lyf met al die hormoon veranderinge te hanteer nie
  • Jou kind sukkel om vriende te maak
  • Daar is angs rondom ‘n operasie of siekte
  • Ouers het onrealistiese verwagtinge van hul kind.
  • Julle sit aanmekaar vas
  • Daar is ‘n probleme tussen die ouers
  • Die gesin is deur ‘n egskeiding

Die lys kan aangaan!  Ons is komplekse wesens en ons hele menswees is inmekaar verweef. Wanneer daar ‘n probleem in een area van ons lewe is- byvoorbeeld wanneer jou kind depressief of gedemotiveerd voel, gaan die beide sy skoolwerk en sy verhoudings beinvloed. Of as jou kind geboelie word by die skool, word sy veiligheid bedreig en is hy angstig sodat hy nie in die klas of tuis kan konsentreer nie.

Wanneer jy bekommerd is oor jou kind, kan dit baie help om met ‘n professionele persoon te gesels. As opvoedkundige sielkundige spesialiseer ek en my kollegas in kinders van alle ouderdomme (voorskool, laerskool en hoërskool; hoe hulle leer, hul emosionele welsyn, ontwikkeling en ouerskap. Onthou, dis gewone mense met gewone probleme wat ‘n opvoedkundige sielkundige gaan spreek. Moet dus nie bang wees om ‘n afspraak te maak nie. Ouers voel dat hulle ondersteun word en kry weer nuwe moed omdat hulle versterk voel wanneer hulle met ‘n sielkundige konsulteer.

Wanneer jy ‘n opvoedkundige sielkundige (kindersielkundige) gaan spreek, kan jy die volgende verwag:

  • Sy gaan eers met julle, die ouers wil gesels gedurende die eerste afspraak. Gedurende hierdie afspraak kan jy al jou bekommernisse met haar deel. Wees eerlike en sê dit soos dit is. Die sielkundige kan net ten volle help as sy al die inligting het. Sy gaan baie vrae vra oor jou kind se ontwikkeling, skool vordering, ens.
  • Sy gaan waarskynlik ‘n assessering wil doen. Dis ekwivalent aan ‘n dokter se ondersoek. Sy het inligting nodig om te sien waar die probleme lê. Hierdie assessering vind tydens ‘n opvog afspraak of afsprake plaas. Tydens die assessering ondersoek sy die volgende:
  1. Jou kind se sterk- en swak-punte; intellektuele vermoë
  2. Basiese skolastiese vaardighede (lees, spelling, skryf, wiskunde)
  3. Emosionele welstand
  • Hierdie assessering duur gewoonlik 4-ure. Indien dit ‘n jonger kind is, of ‘n kind wat nie lank aanmekaar kan konsentreer nie, mag die assesering oor meer as een afspraak strek. Wanneer sy hierdie inligting ingewin het, kan sy advies gee en jou help om jou kind en sy probleme beter te verstaan. 
  • ‘n Opvolg afspraak word gemaak om die bevindinge met jou te bespreek. Dit kan jou help om ingeligte besluite oor jou kind se huidige situasie en toekoms te maak. Sy sal ook aanbevelings maak en verwysings gee na ander professionele mense (neuroloog, arbeidsterapeut, oogkundige, spraakterapeut, psigiater, ens) soos nodig. 
  • Jy kan ook vra vir ‘n skriftelike verslag wat al die bevindinge en aanbevelings bevat. Hierdie assessering is vir twee jaar geldig. 

Jy, jou kind en die sielkundige werk as ‘n span saam om antwoorde te vind en planne te maak sodat jou kind weer akademies en andersins opdreef kan kom. Die doel is om jou kind weer gelukkig en in beheer van haar sake te sien. Dis belangrik dat jou kind deel van die proses is, want dis hy wat die werk moet doen. Dis dus belangrik dat hy verstaan dat hierdie ‘n positiewe proses is om hom te help. Dis is ook ‘n proses waartydens jy ‘n beter begrip en insig kan kry ten opsigte van jou kind se intellektuele, skolasties en emosionele funksionering en behoeftes.

Dis byna seker dat ouers iewers tydens hul kinders se skool loopbaan ‘n bekommernis gaan ervaar ten opsigte van hul kind se akademiese, sosiale en/of emosionele wesyn. Jy is nie alleen nie, daar is hulp en ondersteuning beskikbaar!